Braai ’o’ Sourus, vir die beste braaie in die geweste. Ons het tans
twee modelle beskikbaar. Die nuutste is die Kamp Vlekvry 2026 model,
kontak my vir 'n voorlopige bestelling, die opvolger van die
Kamp Vlekvry 2024 nog beskikbaar op in die Braai Winkel.
Ons braaie, gemaak van vlekvrye staal, het die unieke 'Diep Lug' sisteem om jou
kole en vuur op sy
beste aan die gang te hou. Met sulke warm kole het mens natuurlik 'n rooster lig sisteem nodig. Die unike
'Veerlig' rooster lig sisteem sal jou laat glimlag en braai met smaak. Die braai pak netjies op 'n 'n dra sak. Idiaal
vir kamp maar gee ook 'n hele ander betekenis aan "bring en braai" 😂.
Dan het ons nou ook vuur emmers of dan brand gate of dan "konkas" beskikbaar, nes jy wil. Op hierdie stadium,
gemiddelde grote, 'n gesellige grote, ~300mm deursnee en ~250mm hoog. Lekker so tussen die stoelle, agter die stoelle, om die stoelle.
Ons maak 'n groter een ~500mm deursnee, maar op hierdie stadium moet jy my kontak as jy so een wil hê.
Dis nou genoeg, vat my na die Braai Winkel
Dink Jim Reeves - 'Just braaing in the rain ♪♫♪'
Die tyd vlieg soos kwartels in die oggendson. 2025 is verby soos 'n grondpad in 'n Toyota double cab rental. As jy jou oë uitvee, is dit 2026 en die jaar is op 'n galop. Die waaiers draai en die pôpôs is gereed om gegooi te word. Die gevaar om met 'n gesig vol sproete te sit, bly dreigend. Wat kan 'n man nou maak? Braai, jy kan braai 🔥. Wel meestal behalwe as dit reën. Planne moet gemaak word, vleis moet gebraai word. Lees meer waar ek induik in die bekendstelling van die 2026-model kampbraai sowel as ander braaioplossings 🧱.
Dis Vrydag aand, die lug is gevul met die belofte van 'n heerlike naweek, en dit is tyd om die vonke van romantiek aan te wakker voor die vlamme van ons Braaiosourus braai. 🌟🔥.